Ons gemeente is die Barmhartige Samaritaan

Barmhartig soos ons Vader barmhartig is!
Ons wil graag op praktiese wyse nood verlig waar dit nodig is.
As gemeente word daar jaarliks verskeie projekte aangepak soos die uitdeel van Kerrie-en-Rys ,die uitdeel van kersstaanders, die mega-klereprojek en ook die winterkombersprojek. ‘n Paar jaar gelede het die gemeentelede vir 8 maande die mooiste hophuis in Mbekweni gebou vir Mev Mpoli.
Ons is ook ‘n aktiewe vennoot van Magda se sopkombuis wat weekliks vir honderde mense in die Paarl kos voorsien. Hulle was ook baba’s en nou ook volwassenes. Ons was so bevoorreg om vir hulle bediening te kon behulpsaam wees met die koop van ‘n voertuig.

Geloofsfamilies
Geloofsfamilies word aangemoedig om jaarliks verskillende barmhartigheidsprojekte aan te pak. So word daar byvoorbeeld op ‘n deurlopende basis kos voorsien by die Nuwe Drift-skool. Ander projekte was al die insit van ‘n lugreëlaar by ‘n ouetehuis, die gee van doeke, sepies en ander sanitêre waarde vir bejaardes.

Hou asseblief die afkondigings dop vir ons volgende groot barmhartigheidsprojek as ‘n gemeente. Wees solank ‘n samaritaan waar jy daartoe geroep word.