Skakel die begrafnisondernemer wat al die begrafnisreëlings namens u met die kerk, leraar, koster, orrelis en klankoperateur sal tref. Hulle sal ook die datum en tyd bevestig.
Die leraar sal u kontak vir fyner besonderhede vir die diens – so wees asseblief gereed om hom te ontmoet.

Na afloop van die begrafnis/roudiens is dit ook belangrik dat familie en vriende saam sal verkeer en ons as gemeente help graag hiermee. Ons voorsien koffie en tee en toebroodjies gratis aan gemeentelede. Indien die familie iets meer substansieel verkies is hulle welkom om self te bring.

Kontak vir Esté Prins by die kerkkantoor vir enige ander inligting of navrae.

Tel: 021 872 4395 oggende van 08:00-13:00.

Daar is nou ook ‘n muur van herinnering op die kerkterrein.
Die koste vir die nissies as as volg: