Eintlik is dit eerder hemel op Tafelberg. Net voor die son sak eet ek die brood en drink die wyn en ‘n vrede daal neer. Dis surrealisties mooi. Die mense om my is met goud beklee van die ondergaande son. Dis ‘n warm somersaand. Laat u dienskneg nou in vrede gaan…die nagmaalgangers sing sag maar duidelik…soos U Woord ons leer. En die vrede daal neer. Op aarde soos in die hemel maar ook in my hart.

Hemel op Tafelberg!

Van Kirstenbosch het die dapperes gestap. Met Platteklipkloof het die brawes gestap en met die kabelkarretjie het die bittereinders gery – om vir ‘n oomblik ‘n voorreg te beleef wat min beskore is.