In Februarie hou ons gemeente verskeie gesinsuitstappies. Een hiervan is die groot vreugde om die magtige Leeukp langs Tafelberg uit te stap. Sowat 70 lidmate het met groot moet en spoed saam met ‘n hele kontengent van buitelandse toeriste die kop begin sirkel – kettinglere uitgeklouter tot ons uiteindelik natgesweet en ekstaties bo-op kon staan met ‘n 360 grade uitsig oor die skiereiland.

Hierdie is niks anders as bucketlist-ervarings nie! Hoeveel te meer saam met geliefdes. Die koel windjie het lafenis gebring voordat ons diepste dors deur wyn uit die Paarl geles is. Vir ‘n oomblik het die hemel aan die aarde geraak….!
Die terugtog was heel makliker en die gevoel van vrede wou net nie wyk nie. Hoe dan anders – dis amper soos ons eie Golgota – die bloedsweet en dan die vrede en wete: Ons ís versoen!

Volgende jaar stap ons in die daglig op en in die maanlig af!