BRIEFIE VAN CARIN – SKOOLHOOF BY MIDDELPOS

Wat ‘n ongelooflike naweek?!!

Met ons terugry gesels die kinders baie…. Die see was diiieeep en KOUD maar lekker…….. daai draairoomys ‘n meter hoog. Alles word groter, beter lekkerder,  ens.  Ek vra wat was die lekkerste. Baie antwoorde stroom in… die roomys, see, monument— kort om ALLES was besonders en heerlik. Een seuntjie (die hoofseun) sit doodstil. Voor die tonnel vra ek : Marchell wat was vir jou mooi en lekker? Die bussie raak stil, ‘n belangrike man gaan nou praat…. Die antwoord trek weer die krane oop…. Juffrou die mense se goedheid, hulle vriendelikheid en liefde. Almal is stil.

Ons het nou lank beplan en gereel aan hierdie naweek. Dit was beter as wat ons ooit kon droom. Baie baie dankie vir alles. Ons het  40 skoenlappers in ‘n klein hokkie losgelaat om te vlieg, nuwe blomme, berge, waters en mense te ontmoed. 40 leerders se lewens is vir altyd verander.  Baie baie dankie vir julle liefde, gesindheid en warm harte. Dit was ongelooflik om julle te beleef.

Baie baie dankie vir die koevert wat ons ontvang het. Jy sal nooit weet wat dit beteken nie. Ek bid alle seën, voorspoed en liefde vir julle.

Groete en liefde aan almal.

Carin

Gawie Fotos Middelpos hier 2015_14_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_15_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_16_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_20_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_22_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_24_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_26_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_28_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_32_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_41_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_42_resize Gawie Fotos Middelpos hier 2015_43_resize