KERRIE & RYS GEMEENTE-UITREIK

Ons gemeente het op Sondagoggend 28 September 2014 uitgereik na minderbevoorregtes in ons omgewing.

Lidmate het maalvleis en rys geskenk en voorberei.

Na die oggenddiens was dit behoorlik ‘n miernes van bedrywighede in die kerksaal om ongeveer 2000 bakkies kerrie en rys uit te skep.  Daarna het ons dit (saam met boekmerkies) gaan uitdeel in Mbekweni, Fairyland, Smartietown en ander gebiede in die Paarl.

Ons dank die Here vir sulke geleenthede waar ons, as liggam van Christus, Sy liefde op so ‘n praktiese manier kan uitleef!

Kerrie & Rys - 1 Kerrie & Rys - 2 Kerrie & Rys - 3 Kerrie & Rys - 4 Kerrie & Rys - 6 Kerrie & Rys 5