Die Woord van God gee lewe! So sê Dawid reeds in Psalm 19:5.

Sondagoggend op Hervormingsondag na kerk het 100 gelukkige kinders van Mbekweni se Silverton woonbuurt ‘n Kinderbybelstorieboek ontvang met liefde van Paarl-Vallei Gemeente.  Dit was die uitvloeisel van die Infinity-reeks oor liefdesgom vir verhoudings.  Lidmate het deelgeneem aan die projek van CLF wat poog om 1 miljoen Kinderbybels aan kinders wêreldwyd te verskaf.  Biskop Desmond Tutu het die Bybelverhale vereenvoudig vir die Kinderbybel.  Die uitdeel van Bybels is voorafgegaan met die Hervormingsfees wat in die kerk gevier is met die tema: Die Woord gee Lewe.

Ons sê dankie aan elke lidmaat wat geld geskenk het.  Sywell Magqazana het vir ons die kinders geïdentifiseer en gehelp met ‘n sinvolle verspreiding van die Bybeltjies.  Ons het 40 Engels en 60 Xhosa Bybels oorhandig.

Dis soos Nicola Schreuder – een van die belydenisklaskinders opgemerk het:  Om ‘n Bybel te gee is soos om ‘n ewige saadjie te plant!

Is daar ‘n groter vreugde as om ‘n Bybeltjie te kan weggee?

 

IMG_7399_resize IMG_7408_resize IMG_7348_resize IMG_7340_resize IMG_7327_resize